top of page

Sewe beginsels vir sukses met 'n skoollosse leefwyse

Voor ek met ʼn huwelik en kinders geseën is, het ek as ʼn kinderterapeut, sielkundige en onderwyser gewerk. My ervaringe as terapeut en onderwyser in privaat en openbare skole het my klaar genoeg oortuig dat hulle huis die beste plek en klimaat vir kinders bied om te groei, leer en te ontwikkel. Maar met hierdie voorwaarde — die huis moet ʼn veilige plek wees met liefde, struktuur en gesonde grense.

Ek is geensins ʼn veteraantuisskoolma nie en staan nog aan die begin van die tuisskoolreis. So dis met nederigheid, versigtigheid en met erkenning aan soveel ander wyse mentors en tuisskoolma’s wat die pad vooraf al beproef en betrap het, wat ek my sewe beginsels deel.

1. Begin met die einde in sig

Watter tipe mense wil ek hê my kinders moet eendag wees as volwassenes? Hier is die fokus dus op karakter.

Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek verklaar karakter as:

  • die geheel van identiteitseienskappe van 'n persoon;

  • wese, aard; geaardheid, inbors;

  • iemand met edele, nobele inbors.

Vir ons gesin fokus ons op Jesus Christus as ons voorbeeld en gebruik die Bybel as riglyn.

Ouers moet hulle eie waardes en oortuiginge uitleef. Kinders leer soveel meer deur hoe ons leef as deur “lessies”

2. Speel is leer

Terwyl ek hier sit en die artikel skryf, speel my amper vier- en sewejarige al vir ure buite in die tuin sonder dat ons vandag nog ʼn steek “skoolwerk” gedoen het! Hulle is besig om verskeie vaardighede in te skerp en aan te leer. Om net ʼn paar te noem:

  • Groot motoriese vaardighede terwyl hulle klim en klouter op ons klimraam en bome.

  • Vestibulêre en propriosepsie (bewegingsintuie) stimulasie soos hulle wip op die wipplank, draai op die rondomtalie, hardloop op die gras.

  • Taal- en spraakontwikkeling in Afrikaans, Engels en Noord-Sotho! Ons is ʼn tweetalige huis. My dogtertjie, wat die oudste is, speel met haar boetie in Engels. Ek praat net Afrikaans met my kinders, maar dikwels sal Hannah vir haar boetie vertaal wat ek sê, alhoewel hy my verstaan! Ons bediende praat Sotho met hulle.

  • Probleemoplossingsvaardighede soos hulle planne uitdink om hulle feetjietuin en fantasiewêreld te skep.

  • Lewensvaardighede wanneer hulle ons bediende help om orde te skep en skoon te maak in die speelhuis en lapa vir die skoolmaats wat vanmiddag by ons kom kuier. Ja, ons sosialiseer ook!

Dis wat bekendes in die wêreld van kinderontwikkeling, maar ook ander velde, oor die belangrikheid van kindgesentreerde speel te sê het:

“Play is often talked about as if it were a relief from serious learning. But for children play is serious learning. Play is really the work of childhood.” – Fred Rogers

“Play is the work of the child.” – Maria Montessori

“It is a happy talent to know how to play.” – Ralph Waldo Emerson

“Play gives children a chance to practice what they are learning.” – Mr. Rogers

“Children learn as they play. Most importantly, in play children learn how to learn.” – O. Fred Donaldson

“The creation of something new is not accomplished by the intellect but by the play instinct.” – Carl Jung

“We don’t stop playing because we grow old; we grow old because we stop playing.” – George Bernard Shaw

“Do not keep children to their studies by compulsion but by play.” – Plato

3. Gee kinders die vryheid om dinge self te ontdek

Hierdie beginsel hang saam met die beginsel van kindgesentreerde spel, maar vra ook soms baie geduld van ouers om jou kind toe te laat om self met ʼn probleem of taak te worstel totdat hulle vra vir hulp. Die bemeestering van ʼn taak wat so bereik is, smaak soet vir die kind en skep ʼn sin van bevoegdheid en waagmoed om ander probleme ook met selfvertroue aan te pak.

Ek bieg dat ek dikwels al te gou ingespring het om te ”help” en dat my kinders dan sommer gou die lus vir die taak verloor.

4. Betrek kinders en kleuters by huistake en ander “grootmens” werk

Navorsing wys dat kinders wat grootword as goedaangepaste en produktiewe volwassenes as kinders in hulle ouers se wêreld betrek is. In plaas daarvan dat ouers hulle wêreld rondom die kinders sentreer, is sulke suksesvolle kinders betrokke by daaglikse aktiwiteite, werk en belangstellings van die ouers (Diane Hopkins).

Met die leefstyl van ʼn skoollosse benadering, is daar soveel geleentheid vir kinders om deel te wees van die “regte” wêreld. Verhoudings tussen ouers en kinders en tussen sibbe is ook dan baie hegter.

5. Gee genoeg kans vir leergereedheid om te ontwikkel

Die meeste kinders van verpligte skoolbeginnerouderdom (5 – 7 jaar en daar word gedruk vir al hoe vroeër) is fisiologies nog nie reg vir die eise van formele leer nie. Hulle bedrading, by wyse van spreke, is nog nie als in plek nie.

Navorsing in neuro- (brein- en senuweestelsel) ontwikkeling bewys die wysheid om liewers te wag met formele akademiese leer en nie vaardighede op kinders af te dwing waarvoor hulle nog nie fisiologies gereed is nie.

Leergereedheid het te doen met die rypwording van die brein en sentrale senuweestelsel. Dink aan ʼn rekenaar wat al die regte konneksies tussen die drade moet hê, voordat die hardeware (die brein van die rekenaar) die sagteware (stimulasieprogramme van buite) sal kan prosesseer en gebruik.

Volgens navorsing van onder andere Dr. Raymond Moore (Better late thanearly) is meeste kinders eers tussen 8 en 10 jaar ontwikkelingsgereed vir die take van formele leer.

Om maar een voorbeeld te noem van die skade wat aangerig word as kinders al hoe vroeër leer lees en skryf. Kinders is van nature versiende. Die stremming wat op ʼn kind se visuele sisteem geplaas word deur die eis van leer lees en skryf voor hulle gereed is daarvoor, is verreikend. In die geval van formele leer is vroeër nie noodwendig beter nie. Navorsing wys dat kinders wat te vroeg gedruk word om vaardighede soos lees en skryf te leer, vinniger leervoos raak en later verskeie leerprobleme kan hê.

Elke kind is egter uniek en ʼn skoollosse benadering gee wonderlike geleenthede vir kinders om hulle eie passie en leergierighede teen hulle eie ontwikkelingstempo te ontdek.

6. Groei daagliks saam met jou kinders in karakter, kennis en nederigheid

Hierdie beginsel maak my gelyktydig opgewonde maar ook soms bevrees! Opgewonde oor die voorreg om ʼn mede-ontdekker te wees op die reis na grootword en menswees, maar ook soms bevrees oor die daaglikse wegskaaf aan die skerp punte van ons selfsug en -beheptheid.

Jou kinders se menswees is onlosmaaklik deel van hoe jy leef! Wat ʼn voorreg! En wat ʼn verantwoordelikheid.

7. Laat jou kinders toe om te ontwikkel in hulle eie unieke menswees

ʼn Skoollosse leefwyse met jou as ouer se liefdevolle betrokkenheid by jou kinders skep die ideale teelaarde vir jou kinders om te kan ontwikkel in hulle eie unieke menswees, en wie God hulle geskape het om te wees. Hierdie beginsel is die hoofmotivering vir ons as gesin waarom ons die skoollosse benadering volg. Dis wonderlik om elke dag te kan sien hoe jou kinders groei en floreer in wie hulle is en nie heeldag hoef te dans na ander se pype net omdat die kultuur dit vereis nie.

Dit beteken nie dat my kinders net kan doen wat hulle wil nie, maar ons leer en groei binne ʼn buigsame struktuur en roetine waar my kinders se geestelike groei en karakterontwikkeling altyd die voorrang geniet.

Om te lewe, is om te leer

Ter afsluiting wil ek net alle ouers wat tuisskool of oorweeg om te begin aanmoedig deur te onthou dat kinders deurgaans leer. Om te lewe is om te leer. Mens leer nie net agter skoolbanke nie. ‘n Skoollosse leefstyl is ʼn lewe van vryheid, avontuur en verwondering in die unieke wesens, jou kinders, wat God aan jou toevertrou het.


I am wife to my courageous and adventurous husband and homeschooling mother to an almost 6 year old toothless grinning girl who plays the violin and a whirlwind 3 year old son who believes he can fix anything!

I am also a child therapist who is passionate about children and their healthy development. My special interest is neuro-development, that is brain and nervous system development in children. I help children to become learning ready with fun filled movement activities that are home based. 

As a musician I believe that music is a wonderful brain developing activity. I facilitate a toddler music group once a week, called Toddler Bells or Kleuter-klokkies.

I firmly believe in the power of good stories to heal, develop and entertain. So there will be space dedicated on my blog on children's story products and how to order directly from me. 

Lastly but most importantly I am a child of God who desire to please my Lord and Savior Jesus Christ in everything I do. 

bottom of page