top of page

Die euwel van Boelie-gedrag onder skoolkinders

In my konsultasies met kinders en ouers van die omgewing het dit onder my aandag gekom dat boeliegedrag in skole toenemend ‘n baie ernstige probleem is in die lewens van baie skoolkinders. Hierdie b

evinding is in ooreenstemming met globale navorsing, wat dui op ‘n dramatiese toename in boeliegedrag onder skoolkinders. Boeliegedrag behels die onvanpaste gebruik van mag deur een of meer persone oor ‘n ander minder sterk persoon of groep en is gewoonlik teisterende aksies wat herhaaldelik voorkom. Volgens navorsers neem boeliegedrag verskillende vorms aan wat dikwels interverwant is en behels onder andere die volgende:

  • Verbaal (name noem, afbrekende opmerkings, dreigemente)

  • Fisies (slaan, rondstoot, skop, gooi met voorwerpe, trip, spoeg, ens.)

  • Sosiaal (ignoreer, uitsluit, diskrimineer)

  • Sielkundig (slegte onwaar stories versprei, agtervolg met opset om ander persoon bang te maak, vuil kyke, wegsteek en, of beskadiging van persoonlike besittings)

Boeliegedrag is kommerwekkend as gevolg van die verrykende effekte wat dit kan hê op alle betrokke kinders en die gemeenskap. Hier volg slegs ‘n paar van die effekte:

  • Korttermyn effekte op die ontvangers van boeliegedrag:

  1. Self-waarde

Jong kinders het nog nie voldoende belangstellings en vaardighede ontwikkel om hulle selfwaarde te verhoog nie. Hulle gevoel van selfwaarde is dus grootliks afhanklik van verhoudings met klasmaats. Een van die mees algemene effekte van boeliegedrag is om die selfwaarde van die ontvanger van die gedrag te verminder.

  1. Nadelige emosionele reaksies

Ontvangers van boeliegedrag raak verstaanbaar dikwels meer angstig en senuweeagtig.

Hulle mag konstant bekommerd wees dat die boelies weer sal toeslaan en slegs tuis veilig voel. Hulle mag voel dat hulle beheer en gemanipuleer word deur die boelie en hulle situasie as hopeloos beskou. Hierdie sterk sin van hopeloosheid lei in baie gevalle na ernstige depressie. ‘n Verbintenis is deur navorsing bevind tussen boeliegedrag en sekere gevalle van selfmoord. In Brittanje pleeg ten minste 16 kinders selfmoord elke jaar as ‘n direkte resultaat van onderwerp wees aan boeliegedrag by die skool. Elkeen van hierdie sterftes kon voorafgesien word en dus voorkom word.

  1. Gesondheid

Die algemene gesondheid van kinders wat by die skool geviktimiseer word kan ernstig benadeel word. Somatiese klagtes soos hoofpyne, maagpyne, rugpyne, bednatmaak, en slaapsteurings kom algemeen voor. Aangesien hulle min tye kan ontspan en kalm kan voel, word baie stres hormone in die liggaam vrygestel wat weerstand teen infeksies verlaag.

  1. Interpersoonlike effekte

Herhaaldelike onderwerping aan boeliegedrag kan aanleiding gee tot ‘n patroon van vermyding, wat die kind van essensiële formele en informele sosiale ervaringe ontneem, wat krities is vir gesonde sosiale ontwikkeling. Sommige kinders ervaar aktiewe verwerping en word eensaam en geïsoleerd as ‘n resultaat. Hierdie kinders mag dit baie moeilik vind om ander te vertrou en mag of totaal onttrek uit sosiale kringe of op ‘n desperate wyse vasklou aan een vriend. Baie kinders mag selfs ook nie weet hoe om vriende te maak nie, as gevolg van hulle lae selfwaarde en te kort aan soaiale vaardighede.

  1. Opvoedkundige effekte

Kinders wat aan boeliegedrag onderwerp word mag dit moeilik vind om op skoolwerk te konsentreer. Dit tesame met gereelde afwesighede van die skool beïnvloed skoolvordering negatief. Kinders wat van nature intelligent en leergierig is mag selfs hulle kennis en insigte liewer wegsteek as gevolg van die vrees om geterg te word as die onderwyser se “witbroodjie” of as ‘n “nerd”.

  • Langtermyn effekte

Longitudinale studies bevestig dat baie slagoffers van boeliegedrag op skool steeds probleme ervaar in hulle volwasse lewe. Die sielkundige letsels wat gedurende die kinderjare opgedoen is mag voortduur vir ‘n leeftyd. Sommige van hierdie letsels en probleme is onder andere:

  • Lae self-waarde, wat aanleiding kan gee tot periodes van ernstige depressie en alleenheid;

  • Self-isolering wat die persoon kan ontneem van ‘n gesonde sosiale lewe;

  • Probleme in die vestiging van gesonde en suksesvolle intieme verhoudings met die teenoorgestelde geslag;

  • Sommige slagoffers van boeliegedrag word anti-sosiaal en boelies as volwassesnes;

  • Probleme in hulle beroepslewe met ‘n hoë insidensie van werk opgee en verloor.

  • Effekte op boelies

Sommige kinders wat boelie groei uit die gedrag, maar goed-gekontrolleerde studies toon dat tot en met 60% van boelies (Graad 6 – 9) by die ouderdom van 24 reeds ten minste een kriminele skuldigbevinding het, terwyl 40% reeds 3 of meer keer gearresteer is. Daar is dus ‘n duidelike konneksie tussen boeliegedrag en latere anti-sosiale gedrag. Emosionele effekte in die langduur is ook opgemerk, in dat daar ‘n groter mate van depressie voorkom onder diegene wat ander geboelie het by die skool as onder die algemene populasie. Daar is ook gevind dat boelies as volwassenes geneig is om mishandelend op te tree teenoor hulle gades en kinders, en hulle kinders word dikwels ook boelies. Loopbaangewys presteer hulle ook swakker, met premature opskop van opleiding voor kwalifikasie. Hulle is gewoonlik ook minder gewoond aan verantwoordelikheid aanvaar vir eie gedrag, deur ander te druk, of om met tye terug te staan vir ander.

  • Effekte op toeskouers

Boeliegedrag affekteer nie slegs die boelies en die ontvangers van die gedrag nie, maar ook die toeskouers. Die meerderheid kinders is teen boeliegedrag maar reik nie sommer uit om die teikens van die gedrag te help nie. Ten tye wanneer die boeliegedrag plaasvind is sommige kinders gerusgestel deur die oortuiging dat die wêreld basies ‘n regverdige plek is en dat slegte dinge nie met goeie mense gebeur nie. Die teikens van boeliegedrag word dus gesien as mense wat die boeliegedrag verdien. Ten spyte hiervan rapporteer van die toeskouers gevoelens van woede en hulpeloosheid aangesien hulle nie weet of, of hoe hulle die teiken van die gedrag kan help nie. Sommige kinders ervaar skuldgevoelens omdat hulle nie betrokke geraak het nie, terwyl ander nagmerries kry waar hulle die teikens is van die boeliegedrag.

Wanneer boeliegedrag deur ander gesien word en ongestraf bly, kan dit ‘n klimaat van vrees met nadelige effekte teweegbring. Hierdie klimaat inhibeer leer en lei leerders se gedagtes af. So ‘n atmosfeer dra by tot gereelde afwesighede van skool, stokkiesdraai en vroeë skoolverlaters.

Indien u enige van hierdie tekens identifiseer by u kind moenie wag om aan te klop vir hulp nie. Kinders wat geviktimiseer is deur boelies of wat self boelie kan gehelp word deur individuele speelterapie en emosionele intelligensie wat in terapie aangeleer word.


I am wife to my courageous and adventurous husband and homeschooling mother to an almost 6 year old toothless grinning girl who plays the violin and a whirlwind 3 year old son who believes he can fix anything!

I am also a child therapist who is passionate about children and their healthy development. My special interest is neuro-development, that is brain and nervous system development in children. I help children to become learning ready with fun filled movement activities that are home based. 

As a musician I believe that music is a wonderful brain developing activity. I facilitate a toddler music group once a week, called Toddler Bells or Kleuter-klokkies.

I firmly believe in the power of good stories to heal, develop and entertain. So there will be space dedicated on my blog on children's story products and how to order directly from me. 

Lastly but most importantly I am a child of God who desire to please my Lord and Savior Jesus Christ in everything I do. 

bottom of page