top of page

Die “Wat – as?” Wurm: Kinderstorie om vrese en onsekerhede aan te spreek


Nellie woon saam met haar pappa en mamma en baba boetie in ʼn huis in die stad. Sy hou van speel en lag, maar soms kom pla die “Wat –as?” wurm haar.

Die wurm kom fluister stories in haar oor, wat sy eintlik glad nie wil hoor!

Soos toe mamma na die hospitaal moes gaan vir baba boetie se geboorte, het die wurm omtrent dinge kwytgeraak!

“Wat as mamma nooit terugkom nie?”

“Wat as baba boetie soeter en ouliker is as ek?”

“Wat as pappa en mamma my nie meer wil hê nie?”

Hierdie fluisteringe van die wurm het vir Nellie banggemaak en sy het amper die stories begin glo ………

Maar toe kom mamma huis toe en sy het groot geglimlag toe sy vir Nellie sien en haar styf vasgedruk en vir haar, haar nuwe baba boetie gewys.

Mamma het vir Nellie vertel dat baba boetie baie van mamma se tyd en aandag gaan nodig hê, omdat hy nog niks vir homself kan doen nie.

Mamma het ook vir Nellie gesê dat sy haar hulp baie gaan nodig kry om te help met baba boetie.

Dit het vir Nellie belangrik laat voel en sy het vergeet van die wurm se “Wat as?” stories.

Die “Wat as?” wurm gee egter nie sommer moed op nie en kort-kort steek hy weer sy kop uit en fluister stories in Nellie se oor…..

Soos toe Nellie vir die eerste dag groot skool toe moes gaan….

“Wat as mamma vergeet om my te kom haal as skool verby is?”

“Wat as niemand langs my wil sit, of pouse met my wil speel nie?

“Wat as die juffrou baie kwaai is en nie van my hou nie?”

Op die eerste dag van skool was die “Wat as?” wurm se stories sterker as Nellie se opgewondenheid en die wurm se stories gee toe vir haar ʼn nare maagpyn.

So dat Nellie nie skool toe kon gaan nie. Mamma gee vir Nellie medisyne en gou voel sy weer reg.

Maar die volgende oggend, toe mamma vir Nellie wakker maak vir skool, is die maagpyn weer daar en haar kop het ook gepyn van al die “Wat as?” stories van die wurm.

Mamma besluit toe om vir Nellie dokter toe te neem. Die dokter was baie slim en wys. Hy ondersoek vir Nellie en loer ook in haar oor met sy klein flitsliggie – en daar sien hy toe …….

Ja, jy’s reg, die “WAT AS?” wurm!

Gelukkig het die dokter al vantevore die wurm teëgekom, by ander kinders en selfs by grootmense!

Die dokter vertel toe vir Nellie hoe om dié wurm stil te maak, want mens kan hom nie doodmaak nie, want partykeer is dit nodig om te dink aan “Wat as?”

Die dokter verduidelik dat soms as jy besluite moet neem is dit nodig om te dink aan alle moontlikhede – en dan help die wurm se vraag van “Wat asse.” Soos as jy op ʼn skooluitstappie gaan, help dit om te dink aan “wat as dit dalk reën?” of “wat as ons dalk gaan swem?” Dan help die vrae jou om te beplan en die regte klere en benodighede in te pak om saam te neem.

Maar ander kere kan die “Wat asse” stories maak dat jy niks nuuts wil doen of probeer nie, en dis nie goed nie, want so kan jy uit mis op baie goeie en lekker dinge!

So hier is die dokter se raad, miskien kan dit vir jou ook help met die “Wat asse” fluisteringe.

  1. Wanneer die wurm kom met “Wat as?”, maak hom dadelik stil met “Stop dit!” en sien ʼn groot rooi STOP teken in jou gedagtes.

  2. Haal vyf keer diep asem – stadig in deur jou neus en uit by jou mond.

  3. Onthou al die kere wat die “Wat asse” van die wurm net liegstories was en nooit waar geword het nie. Soos die keer toe hy jou vertel het dat jou mamma nie sal terugkom van die hospitaal nie, en toe kom sy wel terug! Verder het mamma en pappa nooit van jou vergeet nie, maar vir jou ʼn baie belangrike werk gegee om te help met baba boetie.

  4. Wees voorbereid vir sekere “Wat asse” soos om altyd jou pappa en mamma, en dalk nog ʼn oom of tannie wie jy goed ken en vertrou, se telefoon nommers by jou te hê. So kan jy dan altyd iemand bel of die tannie by die skool vra om vir jou te bel as ʼn “Wat as?” gebeur.

  5. Onthou die reël van vriendskap – wees eers ʼn vriend om ʼn vriend te kry! So as jy op die eerste dag van groot skool belangstelling wys in ʼn kind in jou klas deur haar te gaan vra wat is haar naam en waar sy bly, dan is die kans baie goed dat sy jou maatjie sal wil wees.

  6. Laastens moet almal van ons, ook grootmense vrede maak dat goeie en slegte dinge met almal gebeur en dat ons as mense dit nie altyd kan beheer nie. Daarom, sê die dokter is die beste, beste medisyne teen die “Wat as?” wurm om God se kind te wees. Jy word God se kind as jy in Jesus, God se seun, glo en glo dat Jesus al jou sondes op Hom geneem het en jou skuld betaal het sodat die vraag op die grootste “Wat as?” jou nooit bang hoef te maak nie. Want Jesus belowe aan al Sy kinders dat Hy hulle nooit alleen sal los of vergeet nie. Dit staan in die Bybel in Hebreërs 13:5.

Hierdie raad het vir Nellie baie gehelp, mag dit ook die “Wat asse” wat jou bangmaak help stilmaak.

Vra vir mamma of pappa of enige grootmens wat jy vertrou om vir jou meer te verduidelik van hoe mens God se kind kan wees.

Kopiereg: Annamarie de Villiers


I am wife to my courageous and adventurous husband and homeschooling mother to an almost 6 year old toothless grinning girl who plays the violin and a whirlwind 3 year old son who believes he can fix anything!

I am also a child therapist who is passionate about children and their healthy development. My special interest is neuro-development, that is brain and nervous system development in children. I help children to become learning ready with fun filled movement activities that are home based. 

As a musician I believe that music is a wonderful brain developing activity. I facilitate a toddler music group once a week, called Toddler Bells or Kleuter-klokkies.

I firmly believe in the power of good stories to heal, develop and entertain. So there will be space dedicated on my blog on children's story products and how to order directly from me. 

Lastly but most importantly I am a child of God who desire to please my Lord and Savior Jesus Christ in everything I do. 

bottom of page