top of page

Kinderstorie vir kleuters om boelie-gedrag aan te spreek.


Hasie Wikkelstert

Hasie wikkelstert is ‘n vrolike, opgeruimde hasie en sy stertjie wikkel aanmekaar. Hy woon saam met pappa en mamma haas in die woud en gaan elke oggend na die bosskooltjie saam met ander diertjies.

Op ‘n dag toe hasie wikkelstert vrolik skool toe huppel hak sy pootjie skielik vas aan iets en hy val vooroor op sy snoet. “Eina!”, roep hy en toe hy opkyk kyk hy vas in Karel krimpvarkie se ogies. Karel lyk nie vriendelik nie maar sommer kwaai. “Kom hasie wikkelstert, ek wil jou iets wys hier agter die bosse”, sê Karel. Hasie volg vir Karel en sy snoet brand nog van die val. Skielik steek Karel hom met een van sy penne op sy poot en terwyl hasie uitroep: “Eina!” en gryp na sy pootjie ruk Karel krimpvark sy wikkelstertjie af! Hasie voel die pyn en kan nie ‘n woord uitkry van die groot skrik nie. Karel krimpvark sê nie hy is jammer of dat dit ‘n ongeluk was nie maar laat hasie belowe dat hy vir niemand sal vertel wat gebeur het nie anders sal hy wat Karel is sorg dat daar nog iets ergers met hasie gebeur.

Van daai dag af word hasie baie stil. Hy huppel nie meer nie en hy het nie meer ‘n stertjie om te wikkel nie. Hasie is vir niks meer lus nie. Hy wil nie meer skool toe gaan nie en dink elke oggend ‘n verskoning uit hoekom hy nie kan gaan nie. As hy dink aan skool dan begin sy magie sommer te pyn. Hasie sukkel ook om te slaap in die nag. Hy voel bang wanneer dit donker word en kry nare drome. Niks is meer vir hom lekker nie, nie eers eet of speel nie!

Mamma en pappa haas word baie bekommerd. Hulle sien hulle hasie wikkelstert is nie meer soos hulle hom altyd geken het nie. Maar wanneer hulle hom vra wat hom pla dan sê hasie: “niks, ek voel net moeg”.

Vir die res van die storie kontak my gerus :-)


I am wife to my courageous and adventurous husband and homeschooling mother to an almost 6 year old toothless grinning girl who plays the violin and a whirlwind 3 year old son who believes he can fix anything!

I am also a child therapist who is passionate about children and their healthy development. My special interest is neuro-development, that is brain and nervous system development in children. I help children to become learning ready with fun filled movement activities that are home based. 

As a musician I believe that music is a wonderful brain developing activity. I facilitate a toddler music group once a week, called Toddler Bells or Kleuter-klokkies.

I firmly believe in the power of good stories to heal, develop and entertain. So there will be space dedicated on my blog on children's story products and how to order directly from me. 

Lastly but most importantly I am a child of God who desire to please my Lord and Savior Jesus Christ in everything I do. 

bottom of page